Bykosse, Slaai

Aartappelslaai

6 comments

Wie hou nie van ‘n aartappelslaai nie?  Wys my daardie persoon!  Altyd ‘n wenner op die tafel.

Aartappelslaai

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Uncategorised
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 6 aartappels

  • 1 ui, fyngekap

  • ½ k pietersielie, fyngekap

  • 250 ml (1 k) mayonnaise

  • 125 ml (½ k) Griekse jogurt

  • 60 ml melk

  • 15 ml suiker

  • sout en peper

  • 60 ml mosterd (korrelmosterd)

  • 2 hardgekookte eiers

  • 1 wieletjie fetakaas

Metode

  • Kook die aartappels sag en sny in blokkies.
  • Gooi die gekapte ui bo-oor.
  • Strooi die gesnipperde pietersielie oor.
  • Meng die mayonnaise, jogurt, melk, suiker, sout, peper en mosterd saam en gooi dit oor die aartappels.
  • Roer versigtig deur sonder om die aartappels te breek.
  • Rasper die eiers oor.
  • Krummel die feta oor.
  • Sprinkel nog pietersielie oor vir groenigheid.

6 Comments

  1. Sandra Gerber

    Jou resepte lyk so heerlik en gaan die Gammon en soet mosterd resep definitief uittoets. Dankie vir die blog.

  2. LOVE KOSMAAK

  3. Elaine Schalkwyk

    Ek is resep verslaaf en soek altyd maklike bekostigbare resepte. Ek het jou programme almal opgeneem en omdat my decoder vol geraak het moes ek toe nou afskryf en verwyder maar dit was moeilik want jy het baie keer nie hoeveelheid aangedui nie want jy het so klets met die gaste en veral as daai bottel wyn eers oopgemaak is. Oe ê ê. Maar dis die beste program daai. Wanneer kom daar nog op want dis die lekkerste kos program wat ek ken.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*