Bykosse, Groente

Bruin braaiaartappels – njam,njam, njmmmmmmmm

2 comments

Kyk ek kan myself ophang aan ‘n aartappel.  Kos sonder aatrtappels is beswaarlik kos vir my.  Braai-aartappels is die koning van alle aartappels.  Om hom goudbruin te kry is glad nie moeilik nie.

  • 6 aartappels
  • 250ml olie (sommer sonneblomolie)
  • growwe sout

NOU:

braai aartappels blog 002

  1. kies vir jou 6 aartappels en skil hulle
  2. sny hulle in die helfte deur en kook vir 10 minute op die stoof.
  3. as jy ‘n skerp messie se punt indruk, moet dit net net ingaan.
  4. gooi die water af en sorg dat die aartappels droog is.
  5. krap die aartappels met n vurk (asof hulle jukkerig is)braai aartappels blog 004
  6. sit olie onder in ‘n oondbak en sit die aartappels in die olie.
  7. bak vir 30 minute by 200 grade Celsius.
  8. draai die aartappels om en braai vir nog 30 minute of totdat dit goudbruin is.
  9. dreineer op kombuispapier en strooi sout oor – verkieslik growwe sout.

Nou gee ek jou toestemming om amptelik overdaad te mag pleeg.braai aartappels blog 008

 

 

 

2 Comments

  1. monica vermaak

    My aartappels is nou op die stoof, ek hoop om hul so lekker soos joune te kry. Dankie vriendin x

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*