Bestanddele
Calzone
- 125 g kleingesnyde blokkies gerookte hoender
- 65 ml gaar mieliepitte
- 65 ml fyn blokkies rooi soetrissie
- 45ml fyn blokkies murgpampoentjie
- 45 ml fyn blokkies rooi ui
- 250 ml grofgerasperde, sterk kaas
- 15 ml gedroogte Italiaanse gemengde kruie sout en grofgemaalde swartpeper na smaak
- 500 g winkeldeeg
Salsa
- 250 ml fyn blokkies tamaties
- 45 ml baie fyngekapte rooi ui
- 10 ml gedroogde oregano
- 10 ml fyngekapte knoffel
- 30 ml olyfolie
- 10 ml gewone wit asyn
- 15 ml tamatiepuree
- 10 ml suiker sout en peper na smaak
Metode
Vir die calzone, meng al die bestanddele saam behalwe die deeg.
Roll die deeg in ‘n sirkel uit en sit die deeg op ‘n groot, gesmeerde bakplaat.
Skep die vulsel op een helfte van die deegsirkel.
Vou die ander stuk deeg oor die vulsel en vou die deegrandjies oor in ‘n rolletjie.
Knyp die deeg deeglik toe sodat die vulsel nie maklik sal uitloop nie.
Bak teen 180°C vir 20 – 30 minute.
Meng intussen die salsa se bestanddele saam en skep in ‘n opdienbakkie.
Bedien 2 – 4 porsies (afhangende van die gang en aptyt ☺) saam met die salsa.
Tjoen die vulsel: voeg gedroogte rooi brandrissievlokkies na smaak by en probeer gerus ook gekoopte BBQ sous of basieliekruid-pesto.
Maklik!