CREMORA TERT – geil en lekker

Ek onthou die cremoratert van kleintyd af.  Dit was vir ons vreeslik lekker en het amper soos die Spur se kaaskoek gesmaak.  My ma het dit gereeld gemaak.  Dis regtig vining en maklik om te maak.

  1. 250 g cremora
  2. 1 blikkie kondensmelk
  3. 250 ml suurlemoensap
  4. 250 ml kookwater
  5. 1 pakkie tennisbeskuitjies
  6. 125 ml botter of margarinecremoratert blog 002

NOU:

  • smelt jou botter (sommer in die mikrogolf) en kap die tennisbeskuitjies fyn.  Hou bietjie van die beskuitjies eenkant om bo-oor die tert te strooi.  Die res meng jy met die botter om die tertkors te maak.cremoratert blog 008
  • spuit n tertbak met spray en cook en druk die krummels in die bakcremoratert blog 010
  • meng die cremora en kookwater totdat dit glad is – laat dit afkoelcremoratert blog 007
  • klits die kondensmelk en die suurlemoensap totdat dit begin styf word
  • klits nou die cremoramengsel by die kondensmelkmengselcremoratert blog 015
  • skep uit in jou tertbak en strooi die orige koekiekrummels bo-oorcremoratert blog 025
  • sit in die yskas en laat dit  stol – jy kan dit binne 2 uur eet

Nou wie het gepraat van dieet as die verlede se lekkerte jou so inhaal?cremoratert blog 033

7 Replies to “CREMORA TERT – geil en lekker”

  1. Was gisteraand nie meer lus vir vraestelle nasien nie en vat toe die tert aan om 23:00. Was lus vir iets kreatiefs. Vanmiddag na skool wag daar toe ‘n heerlike tert vir my. My vrou kan nie ophou eet nie! Heerlik! Marinda – gee nog ‘n maklike en vinnige resep asb……..Hannes van Hopefield

  2. Dis rerig die lekkerste, maklikste en vinnigste tert om te maak! As jy wil af-show, maak dit en sien hoe die komplimente instroom

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*