Cremoratert Sjokolade

Bestanddele

  • 20 ml gelatien
  • 60 ml kouewater
  • 2 x Oreokoekies
  • 100 g botter gesmelt
  • 500g Cremora
  • 250 ml yswater
  • 2 x blikkies kondensmelk
  • 250 ml suurlemoensap
  • 5 ml vanilla
  • 2 x 80 g donker sjokolade

Metode

  1. Gooi die gelatien by die 60 ml water en sit dit eenkant
  2. Gebruik ‘n losboompan en sit bakpapier onder in sodat jy die tert maklik kan uithaal.  Ek het myne baie te groot ingesit en toe die ring oorgedruk.  Spuit met Spray en Cook
  3. Maak die koekies fyn in die voedselverwerker en meng dit met die gesmelte botter. Voer die losboompan daarmee uit.  Gaan bietjie teen die kante ook op. Sit die kors in die yskas tot jy dit nodig het.
  4. Klits die Cremora en yswater saam tot daar geen klontjies is nie.
  5. Voeg die kondensmelk by en nou moet jy vir ten minste 5 minute klits.  Alles sal dik word.
  6. Gooi nou stadig die suurlemoensap by terwyl jy klits.
  7. Klits die vanilla by
  8. Sit die gelatien vir 30 min in die mikrogolf.  Roer tot dit opgelos is en klits by mengsel.
  9. Smelt die sjokolade en klits by die mengsel.
  10. Gooi dit uit in jou losboompan.

Vir die bo-laag

  • Smelt 300 g heelneutsjokolade met 60 ml melk in die mikrogolf.  Gooi dit oor jou cremoratert.
  • Sit die cremoratert oornag in die yskas