Druiwekonfyt

As ek kan konfyt kook kan jy ook. Dit is so bevredigend. Kry lekker soet hanepootdruiwe vir jou konfyt. Jy hoef nie potte en potte vol te kook nie. Kook net genoeg vir jouself. Ek gee die resep op 1kg druiwe. Jy pas dit aan volgens jou hoeveelheid druiwe.

Benodig:

1kg druiwekorrels

750 g suiker

Sap van een suurlemoen

30 ml asyn

Metode

  1. Korrel die druiwe af van die stronk en was mooi skoon.
  2. Pak die druiwe en suiker in lae in jou pot en laat staan vir 2uur.
  3. Begin dit stadig warm maak en roer totdat al die suiker opgelos het. Die druiwe moenie borrel en kook nie.
  4. As al die suiker opgelos het, voeg die suurlemoensap en asyn by. Laat nou vinnig teen n hoer hitte kook.
  5. Skep die skuim en pitte af. Die asyn help dat die pitte boontoe kom.
  6. As jou konfyt 105 °C bereik het is jou konfyt reg.
  7. Bottel in gesteriliseerde bottels terwyl die konfyt warm is.

Geniet saam met vars, warm brood en snoek.

Ek steriliseer my bottels deur dit op die stoof in n pot warm water te kook. Wees versigtig, die stoom brand seer. Haal dit met n tangetjie uit die pot en laat dit droog word op n draadrakkie

.