Gebak

Flapjacks – weet nie wat dit in afrikaans is nie 20 flapjacks

2 comments

Soms is mens net lus vir ‘n ietsie anders vir ontbyt of saam met jou tee.  Dis vining en maklik.  Hoe en waarmee jy dit voorsit maak die verskil.

  • 500 ml koekmeel
  • 2 ml sout
  • 25 ml bakpoeier
  • 2 eiers
  • 250 ml suiker
  • 375ml melk

NOU:

  1. Sif die meel en bakpoeier saam in ‘n mengbak.  Roer die suiker by.
  2. Klits die eiers en melk saam in ‘n ander bakkie.  Voeg dit dan by jou meelmengsel.
  3. Die groot geheim is dat die mengsel n rukkie moet rus voor jy dit bak.  Laat eenkant staan vir so 30 minute. Jy kan selfs die mengsel die vorige aand aanmaak as jy dit vir ontbyt wil gebruik.  Bere dit net in die yskas.
  4. Maak olie warm in ‘n pan.  Jy kan bloot net lepels vol beslag drup in die pan, maar as jy regtig mooi flapjacks wil bak kry vir jou van die eierringetjies en drup die beslag in dit.  As dit sulke gaatjies in die beslag maak en bietjie rys, draai dit om met ‘n spaan.

Jy kan jou flapjacks bedien met:

  • bacon
  • stroop
  • heuning
  • gebraaide piesang en kaneel
  • vars bessies

 

2 Comments

  1. monica vermaak

    Oeee suster, ek sit hier inboutique en lees myself lus aan die resepte, ag jaaaaaaa…..wil ook weer flapjacks maak…..plaatkoekies xx

    • marindakook

      Dankie vir plaatkoekies. Stuur vir my een van jou staatmaker resepte en ek plaas dit op jou naam op die blog. x

Leave a Comment

Your email address will not be published.

*