Bykosse

Gevulde Tamaties

Comments are Disabled

Gevulde Tamaties

Bestanddele

  • 4 medium groot ferm tamaties
  • 60 g broodkrummels
  • 1 knoffelhuisie fyngekap
  • 60 ml fyngekapte pietersielie
  • 30 ml tiemie
  • 30 ml gekapte basielkruid
  • 60 ml gesmelte botter
  • 100 ml sterk beleë cheddarkaas
  • 60 ml bloukaas gekrummel
  • 60 ml mozzarella
  • sout en peper

Metode

Sny die boonste kwart van die tamatie af (hou die dekseltjies).

Hol die tamaties uit en hou die tamatievleis, grofgekap. Sout en peper die tamatie van binne.

Meng in ‘n mengbak die res van die bestanddele, asook die grofgekapte tamatievleis, en vul die tamaties.

Bak die tamaties in ‘n gesmeerde oondbak en sit die dekseltjies op.

Bak vir 30 minute by 180 grade Celsius.

Maklik!

Comments are closed.