Heerlik, vars en vinnige lemoenkoek – 5 bestanddele

 

 

180 g gesmelte botter

1 heel lemoen met skil

3 eiers

250 ml strooisuiker

375 ml bruismeel

  • verhit die oond tot 180C en spuit ‘n tuitpan
  • verwerk die heel lemoen in die voeselverwerker. ( ek sny dit eers in die helfte en haal die pitte uit)
  • voeg die res van die bestanddele by en verwerk tot alles gemeng is.
  • gooi in jou gesmeerde pan en bak vir 40 – 45 min

VERSIERSUIKER:

Meng  725 ml versiersuiker, 30 ml gesmelte botter, fyn gerasperde skil van een lemoen en net genoeg lemoensap om loperige te wees.  As jy dit oor die koek gooi moet dit afdrup langs die kante.