Hoenderlekkerte

Hoenderlekkerte

Bestanddele

  • 1 pak filodeeg
  • 250 g Philadelphia kaas
  • 350 ml suurroom
  • 6 ekstra groot eiers
  • 250 ml sterk cheddar of pecorino kaas
  • 250 g gerookte hoender gesnipper
  • 250 ml sagte songedroogte tamaties
  • 4 preie gesny
  • 250 ml botter
  • sout en peper

Metode

Kry ‘n groterige tertbak en plaas 4 lae filodeeg en botter onder in die tertbord. Jy gaan later die kante invou.

Braai die preie in botter tot gaar.

Klits die Philadelphia kaas tot sag

Klits nou die eiers en suurroom in.

Meng die hoender, preie, kaas en songedroogte tamaties in.

Gooi mengsel in jou tertbak.

Bak vir 60 minute teen 180 grade Celsius.

Maklik!