Nagereg Kondensmelk-melkkos 28th Jun 2021 Comments are Disabled Bestanddele 1 blikkie kondensmelk 500 ml warmwater 1 liter volroommelk 250 ml koekmeel 125 ml sagte botter knippie sout Indien jy van baie soet hou kan jy 125 ml suiker inroer Metode Verhit die kondensmelk, warmwater en volroommelk in ‘n pot op die stoof. Dit moet nie begin kook nie. Gooi die koekmeel en sout in ‘n bak en roer saam. Vryf die botter met die vingers in totdat dit die tekstuur van sand aanneem. Gooi die meelmengsel by die warm melk op die plaat en roer gedurig met ‘n ballonklitser of houtlepel. Indien dit na smaak nie soet genoeg is nie, gooi ‘n bietjie suiker by. Laat dit prut vir 15 minute terwyl dit deurentyd geroer word. Geniet die melkkos met kaneelsuiker. ( 125 ml suiker + 5 ml fynkaneel) Twitter Facebook Pinterest Print Marinda Engelbrecht Varkrib wat kleef en blink Melksjokolade Fudge Comments are closed.