Maklik Met Marinda

Maklik Met Marinda – Margit Meyer-Rödenbeck

0 comments

My liewe vriendin en venoot Margit en ek kom n langpad saam. Sy is ‘n dinamiese vrou met ‘n passie vir die lewe. Ongelukkig is daar nie juis ‘n passie vir kosmaak nie. Of dit is omdat sy so bedrywig is of dit is omdat sy net nie daarvan hou nie. Ons sal dit maar op die program verklap.

Soos sy, is baie mense bang om beesstert (of oxtail) gaar te maak. Beesstert is so maklik – dit vat net tyd! Nou as jy ‘n slow cooker het, gooi jy net alles daarin en vergeet van dit tot jy wakker word die volgende dag. Jy moet net weet wat om in te gooi. Nou in hierdie episode met Margit wys ek jou wat om in te gooi. Ons het dit bedien met lekker oondgroente en polentaskywe. Polenta is maar net grand mieliepap en ek het so bietjie bygesit en haar gewys hoe om dit met n garedraad te sny. Sy was impressed!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*