Hoofgereg, Varkvleis

Marinda se Varklies

2 comments

 

Marinda se Varklies

Bestandele

  • 1,5kg varklies
  • bakpoeier
  • growwe sout
  • 1 ui, grofgekap
  • 1 wortel, grofgekap
  • 6 knoffelhuisies, fyngemaak
  • tiemie
  • pietersielie
  • salie
  • 2 koppies water
  • 1 bottel Savanna, of 2 – 3 koppies appelsap, afhangende van die grootte van bak
  • 1 koppie room

Metode

Maak diagonale (of diamant) snytjies in die vel van die varklies. Vryf dan die bakpoeier en growwe sout in die vel in.

Plaas die ui, wortel, knoffel en kruie onder in ‘n groot oondskottel en plaas die varklies daarop, vel na bo. Voeg die water en Savanna of applesap by, maar maak seker dat die vel droog bly.

Bak oop vir ‘n uur en ‘n half teen 160 ºC. Haal uit en voeg enige groente by. Bak verder oop, vir nog ‘n uur en ‘n half.

Haal die varklies en groente uit en voeg ‘n koppie room by die vleissappe. Plaas in ‘n kastrol en laat dit kook totdat die sous verminder en verdik het.

Bedien 6 porsies saam met groentes.

Maklik!

Marinda Se Varklies

2 Comments

  1. Annetjie Botha

    Hoe sê n mens dankie vir sulke heerlike hartskos resepte? Wat kan ek jou anders toewens as ” showers of blessings “

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*