Hierdie oats-en-piesangmuffins is ‘n absolute wenner. Maak dit voor die tyd. Dit kan tot vir ‘n week in ‘n tupperware-houer in die yskas hou. Haal net soggens een uit, sit dit in die mikrogolf en maak dit warm. Oatspap en piesangs was nog nooit so lekker nie.
Oats en Piesang muffins
Course: GebakBestanddele
750 ml oats
375 ml melk
2 ryp piesangs fyngedruk
90 ml bruinsuiker
2 eiers liggies geklits
5 ml bakpoeier
5 ml fyn kaneel
5 ml vanillageursel
Knippie sout
125 ml pekaneute gerooster en grof gekap
Metode
- Verhit die oond tot 180C en spuit of smeer ‘n kowyntjiepannetjie.
- Meng alles behalwe die pekaneute goed. Vou daarna die pekaneute in.
- Verdeel die mengsel in jou kolwyntjiepannetjie en bak vir 25 minute.
- Laat dit vir 10 minute afkoel in die pannetjie. Eet dit warm of koud.