Bestanddele
- 50 g botter
- 2 x 410 g blikkies ingelegde pere, gedreineer en in klein blokkies gesny
- 30 ml suiker
- 30 ml heuning (of na smaak)
- 65 ml pitlose sultanas
- 4 verkrummelde Tennis- of brosbroodbeskuitjies
- 6 velle filodeeg
- ongeveer 45 ml gesmelte botter
Metode
In ‘n pan, verhit die 50 g botter en sit die pere, heuning en sultanas by en kook vining sonder ‘n deksel vir 5 – 8 minute totdat die sous ingedamp en verdik het.
Verwyder die pan van die hitte, roer die beskuitjiekrummels by en laat die pan eenkant staan sodat die mengsel kan afkoel.
Verf een filodeeg-vel met gesmelte botter en sit ‘n tweede vel deeg bo-op.
Sny die velle middeldeur sodat jy twee stukke dubbellaag deeg het.
Verdeel die peermengsel in ses ewe groot porsies en skep nou ‘n porsie aan die lang kant van elke dubbellaag deeg.
Vou die kante van die deeg effens in en rol dan elke pakkie deeg op om soos ‘n dik sigaar te lyk.
Verf weer ‘n lagie gesmelte botter oor die strudeltjies en pak hulle op ‘n bakplaat met die nate onder.
Sny so 2 – 3 klein kepies in die bokant van die strudel.
Maak nou nog 4 soortgelyke strudeltjies en bak teen 200°C vir 10 – 15 minute of totdat die deeg bros en goudbruin is.
Bedien 6 porsies met geklopte room of roomys.
Maklik!
Tjoen: Jy kan enige ingemaakte vrugte gebruik; selfs vars mango. Maak net seker dat die mengsel goed gedreineer is. Pere en mango kan ook gegeur word deur so 45 ml fyngekapte, geglasuurde gemmer by te sit en dan gemmerstroop in plaas van heuning te gebruik.