Nagereg

Peppermint Crips-tert

0 comments

In elkeen van ons se grootwordhuise is daar ‘n Peppermint Crisp-tert.  Albert Maritz het ‘n soettand en het gevra dat ek dié tert vir hom maak.

Peppermint Crips-tert

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Uncategorised
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 500 ml room (“whipping cream”)

  • 3 blikkies caramel

  • 2 Nestlé Peppermint Crisp-sjokolades (150 g elk), fyngebreek

  • 2 pakkies Tennisbeskuitjies

  • 2 Nestlé Aero Peppermint-sjokolades (85 g elk)

  • vars mentblare

Metode

  • Klits die room tot sagtepuntstadium.
  • Maak die karamel sag in ’n bak deur dit met ’n lepel te roer.
  • Roer die karamel by die room.
  • Vou die Peppermint Crisp-sjokolade in.
  • Sit een pakkie Tennisbeskuitjies onderin ’n gesmeerde bak en smeer die helfte van die mengsel oor.
  • Plaas nog ’n lagie Tennisbeskuitjies bo-op en smeer die orige mengsel oor.
  • Breek die Aero in growwe stukke en strooi bo-oor.
  • Maak dit toe met kleefplastiek en los oornag in die yskas.
  • Rond af met die mentblaartjies.

Tags

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*