Bestanddele
- 1 kg skaapskenkels
- 1 ui
- 30 ml olie
- 5 aartappels
- halwe blomkool in ‘blomme’ gebreek
- 1 blikkie tamatiepuree
- 60 ml Worcestersous
- 60 ml asyn
- 500 ml aftreksel
- 4 heel naeltjies
- 80 ml kerriepoeier
- 20 ml borrie
- 30 ml komyn
- 80 ml appelkooskonfyt
- sout en peper
Metode
Sny die uie in ringetjies en braai in die olie.
Braai die komyn saam met die uie.
Braai nou die vleis bietjie bruin.
Meng die res van die bestanddele behalwe die blomkool, en gooi by die vleis.
Laat stadig prut totdat die vleis sag is.
Gooi die blomkoolstukke by en laat dit lekker deurkook.
Maklik