Gebak, Terte

Suurlemoenmeringuetert

0 comments

Jy kan menige mens in ’n wip vang met die tert.  Ek het vir Koos Kombuis in my wip gevang.

Gebruik ’n losboomtertbak – die resep behoort aan Mari-Louis Guy en is ’n wenner.

Suurlemoenmeringuetert

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Uncategorised
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 2 pakkies tennisbeskuitjies, fyngekrummel

  • 80 g sagte botter

  • 2 blikkies kondensmelk

  • 4 suurlemoene se sap

  • 4 suurlemoene se skil, fyngerasper

  • 4 eiergele

  • 5 ml mielieblom (Maizena)

  • 125 ml ekstra suurlemoensap

  • 8 eierwitte

  • 500 g strooisuiker

Metode

  • Meng die koekiekrummels en botter deeglik en druk dit stewig vas in ’n gesmeerde tertbak.
  • Bak vir 15 minute by 170 °C. Sit dit eenkant om af te koel.
  • Meng die kondensmelk, 4 suurlemoene se sap en skil in ’n mengbak.
  • Klits die eiergele en mielieblom saam tot ’n gladde pasta en voeg dit by die kondensmelkmengsel tot dit goed gemeng is.
  • Voeg die 125 ml suurlemoensap by en meng goed.
  • Skep die suurlemoenmengsel binne-in die kors.
  • Klits die eierwitte tot sagtepuntstadium en voeg die strooisuiker stadig by tot stywe punte gevorm word.
  • Skep dit bo-op die suurlemoenmengsel.
  • Bak vir 20 minute by 170 °C tot goudbruin bo-op en laat dit heeltemal afkoel.

Tags

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*