Tamatiekos eet ons dwarsdeur die jaar agter die lekkerte aan. Daar is iets koesterends omtrent tamatiekos. Jy kan baie vergewe na n bord tamatiekos – selfs die skoonfamilie.
Die resep is genoeg sodat 6 mense ruim kan eet en daar sal n lekseltjie oorbly vir more.
- 2 kg beesvleis – ek koop graag voorkwartvleis soos brisket. Jy kan skaapvleis ook gebruik , maar kyk tog dat daar n vetjie aan is.
- 2 uie fyn gesny
- 15 ml olie om die uie in te braai
- 1 blik tamatie smoor
- 1 blik tamatie puree
- 1 sakkie of blikkie tamatie paste
- 60 ml suiker
- 60 ml worcestersous
- 60 ml asyn
- 6 naeltjies
- 5 ml gemmer ( as jy nie het nie, los dit)
- sout en peper na smaak
- 250 ml water
- 6 aartappels
NOU:
- sny jou uie fyn en braai in die olie bo-op die stoof in ‘n pot
- sny jou vleis in blokkies en braai saam met die uie tot bruin
- meng al die res van die bestandele behalwe die aartappels in n bakkie en gooi in jou pot oor die vleis. Laat dit prut vir 45 minute – roer af en toe
- skil die aartappels en sny in kwarte.
Sit dit in die pot by jou vleis en laat dit verder prut vir nog so 30 minute. Voel aan die aartappels of dit gaar is. Proe ook aan die vleis of dit sag is – so nie kook jy dit langer.
Eet jou tamatiekos met spierwit rys en groente van jou keuse. Jy sal welbehaaglik voel daarna.
Gaan die Tamatie kos Donderdagaand maak!!
Kan nie wag nie.
Hoop dit was lekker
Wat ‘n lekkerte die Tamatiekos van ma!! ‘n Treffer!!! Dankie vir die deel met ons Marinda.
Sê my jy’t nie dalk ‘n lekker bredie resep met gedroogde vrugte nie?
Bly jy het dit geniet. Al my resepte is op die blog of in my kookboek Maklik met Marinda
groete
Marinda
Tannie marinda ek kyk graag u TV program op via. Tannie is tog so oulik. Dankie vir die lekker resepte. Disney heerlik en regtig maklik. Groete u it Namibie. Roselyn
Tannie marinda ek kyk graag u TV program op via. Tannie is tog so oulik. Dankie vir die lekker resepte. Disney heerlik en regtig maklik. Groete u it Namibie. Roselyn
Jy maak my hart sing.
liefde
Marinda
Baie dankie vir die heerlike resep ek wil dit graag vandag maak.. Watse by disse kan ek maak
Ek kook gewoonlik gewone witrys by en dan soet ertjies vir bietjie kleur. Geniet jou bredie.