Winter in die Kaap is nie tyd vir buite braai nie. Met die dat ons nie n binnebraai het nie, besluit ek toe maar om die tjoppies in die oond te braai. Dit was heerlik verby.
Tjops in die oond – net so lekker soos op die vuur
Course: Hoofgereg, Rooivleis30
minutes40
minutesBestanddele
6 tot 8 tjops
100 ml asyn
80 ml worcestersous
60ml olyfolie
Ina Paarman se roosmaryn en olyf sprinkel
Metode
- Meng die asyn en worcestersous en marineer die tjops in dit vir so 1 uur.
- Stel die oond op 180 grade celsius.
- Gooi die olyfolie onder in n oondbak en pak die gesnyde uie op die olyfolie sit die roosmaryntakkies op die uie.
- Pak die tjops op die olie en gooi die marinade oor die vleis.
- Sprinkel met die Ina Paarmanspesery – mildelik.
- Dit neem so 30 minute om lekker gaar te word. Ná 15 minute draai die vleis om.
- As dit nie bruin genoeg is nie, sit die roosterelement (grill) aan en rooster vinnig – dit brand maklik so jy moet die vleis dophou.
Notas
- Bedien die bruinjuwele met enige bykos van jou keuse. Ons het dit met aartappel in die skil en pampoen geeet. Die uie braai heerlik saam . Lip-aflek-lekker.
Dit lyk Hemels. Jacques maak dit altyd in die oond gaar as die weer sleg is en hy wil braai, werk soos n bom.
Tannie Nita, stuur groete vir my dierbare vriende en n vet druk vir jou.
Marinda
Lyk so lekker kan dit amper van die foto eet. Manjefiek!!!!!
Danie, vinger-aflek-lekker.
M
Dit lyk baie lekker en so maklik om te maak ….enige “bobbejaantjie” sal dit kan maak!
Chappiexx
Chappie, glo my dis dieplekker. Probeer dit gerus ek kan jou verseker jy sal dit geniet. Selfs jou lippe aflek!
B
Good Morning,
I’m looking for the recipe you made with Zaan Stapelberg. Lam Tjops in a cooking bag.
Thank you.
Elaine
Ek wil graag hierdie lekker tjops vanaand maak. Kom daar niks sout of peper by nie. Groete Hannie Scholtz.
Die roosmaryn sprinkel is baie sout. Jy kan na jou smaak byvoeg.
Wat saam die tjoppies
Bedoel jy bykosse. Loer op die blog hier is baie bykosse.
Bak die oondtjops oop of toe wbt deksel tydens gaarmaak? Groetnis
deksel af.
Dit lyk lekker . Kan ek t-bone stalks ook in die oond gaarmaak. Kan jy vir my se hoe kan ek n lampsboud ontvries. My stoof het nie n lou oond nie. Ek wil hom
Sondag gaarmaak . Dit is nou Saterdag aand. Baie dankie.
Ek het nog nie steak so gaargemaak nie. Ek dink egter dit kan werk. Boud vat maar lank om te ontdooi. Jy kan dit alles klaarmaak en in die begin teen ‘n stadige temperatuur sit om eers te ontdooi.
lekker eer.
Gaan dit nou probeer! Lyk rasend lekker!!
Dit is so lekkerr. Geniet dit.