Versoeke vir spesiale geregte?

As jy enige versoeke vir resepte of geregte het, laat my weet asseblief.  Ek help graag.

Jy kan dit doen deur een van drie maniere:

  1. In ‘n comment hier onder.
  2. Deur ‘n e-pos te stuur na marindakook@gmail.com
  3. Deur skryf op die Facebook-blad.

13 Replies to “Versoeke vir spesiale geregte?”

  1. More Marinda. Ek gaan pannekoek met vleis vulsel maak. Ek soek ‘n witsous resep om bo oor te gooi, dalk met bietjie kaas oor en dan bietjie te bak. Onthou ek leer nou eers kook so dit moenie te ingewikkeld wees nie. Dankie. Groete.

  2. My Ouma het in die 70’s en 80’s soms vir ons melkkos met spagetti gemaak. Ek het meer daarvan gehou as die snysels. Weet jy hoe om dit te maak? My ander Ouma het baiekeer vir ons Sondae ‘n komkommervorm gemaak maar ek kry nerens die regte resep nie. Was ook gedurende daai jare. Sal baie bly wees vir jou idees. Hugs xx

    • Hello Marida, groot dankie dat jy dink my kos lyk lekker. Dis sommer net huiskos soos ek by my ma geleer het. Hier is n resep vir die gestolde komkommervorm. Dis heerlik. Laat weet hoe dit gesmaak het.
      liefde
      marinda

      1 pakkie groen jellie
      1 kop kookwater
      sout en peper
      250 g maaskaas
      1 koppie mayonnaise
      gerasperde ui
      1 tl gelatien en koue water

      Maak jellie aan met kookwater en bring gelatien en bietjie koue water tot kookpunt.
      En roer bymekaar en laat afkoel.
      Voeg res van bestanddele by.
      Gooi in stolvorm en verkoel oornag in yskas.

    • Hierdie resep het ek destyds op die internet gekry en maak dit gereeld. Dis heerlik:.
      MELKKOS MET SPAGHETTI

      Bestanddele:

      125g spaghetti, in korter stukkies gebreek of macaroni

      150ml koekmeel

      5ml sout

      50ml witsuiker

      1l melk

      3 ekstra-groot eiers, geskei

      50ml margarien

      3ml vanieljegeursel
      1ml amandelgeursel (ek sit dit nie in nie)

      1. Kook die spaghetti in genoeg vinnig kokende soutwater tot gaar en dreineer

      2. Meng die droe bestanddele en meng met 250ml koue melk.

      Klits die eiergele en voeg by.

      3. Verhit die res van die melk en die botter. Voeg ‘n klein bietjie

      hiervan by die meelmengsel en roer dan alles by die res van die

      melk.

      4. Verhit oor lae hitte tot die mengsel kook en verdik. Roer gedurig

      om te verseker dat die eiers nie skif op die bodem nie.

      5. Voeg die spaghetti by

      6. Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou saam met die

      vanielje- en amandelgeursel by die gaar melkkos in.

      7. Strooi kaneelsuiker oor en dien op in sopborde met ekstra suiker
      indien verkies

      Hoop dit werk vir jou ook.

      Groetnis
      Marinda

  3. Essay helper extension. https://g29s.essaycheap.site/en/writing-introduction-for-thesis-paper-11510.html Online writers course. Dissertation writing tips pdf. https://1j.essaycheap.site/en/gcse-english-creative-writing-coursework-70.html Dissertation uk universities. Write my essay online review. https://k1a.essaycheap.site/en/writing-college-essays-help-19829.html Help me with a thesis statement. College scholarship essay help. https://4p.essaycheap.site/en/dissertation-publishing-companies-44795.html Help on writing essay. Literature review writing service reviews. https://5jj.essaycheap.site/en/dissertation-abstracts-international-section-61172.html Writing prompts to help with college essays. https://8wr1.essaycheap.site/en/custom-essay-meister-review-70592.html
    Doctoral dissertation defense committee. https://6sy.essaycheap.site/en/write-my-report-for-me-uk-59410.html Dissertation abstracts examples. Pay someone to write my essay uk. https://uy17.essaycheap.site/en/essay-about-the-book-the-help-41839.html Research dissertation layout. Bid writing services uk. https://79ao.essaycheap.site/en/help-thesis-work-81590.html Mba thesis topic. Academic writing services usa. https://20pj.essaycheap.site/en/writing-thesis-in-latex-73118.html Write my essay for me website.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*