Bykosse, Groente

Waaier-aartappels – bykos vir braai

4 comments

Aartappels is kos. Aartappels is bykos. Aartappels is stapelkos. Aartappels is altyd by ons. Ek maak die aartappelgereg graag saam met n braai.  Jy kan die aartappels voor die tyd bietjie kook as jy haastig is.aartappels blog 029

 

BENODIG:

  • 6 aartappels
  • 125ml mayonnaiseaartappels blog 004
  • 125ml chutneyaartappels blog 007
  • 60ml uiesoppoeieraartappels blog 008
  • 125ml gerasperde kaas
  • olyfolie
  • growwe sout
  • roosmaryn

NOU:

  1. was die aartappels ( ek skrop myne altyd met n skuurgrassie)aartappels blog 002
  2. sny die aartappels in skywe, maar nie dwarsdeur nieaartappels blog 013
  3. gooi olyfolie onder in n oondbak en plaas die aartappels in die bak
  4. meng die mayonnaise, chutney, uiesop en kaas in n bakkieaartappels blog 010
  5. skep nou van die vulsel in die aartappel se snye (gebruik n tafelmes om dit diep in te kry)aartappels blog 017
  6. sprinkel olyfolie en growwe sout oor die aartappels.
  7. plaas die roosmaryntakkies op die aartappelsaartappels blog 018
  8. bak met foelie vir 30 minute en sonder foelie vir nog 30 minute – voel met n skerp mes of dit sag is.aartappels blog 032

Die aartappels smaak vorentoe met enige maaltyd  – en baie lekker koud as n middernag happie.aartappels blog 036

4 Comments

  1. Dave vd merwe

    GREAT GREAT GREAT and GREATEST

  2. Te lekker!!!!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*