Ek hou van mense. Ek hou sommer baie van mense en daarom is dit lekker om saam met hulle te kuier op verskeie maniere.
Dis ‘n groot lekkerte om te kan optree by funksies, gesellighede, vroue-oggende, spanbousessies, kiddies-werkswinkels, beoordelaar van potjiekos-kompetisies en konferensies. Daar is gewoonlik ‘n lekker ontspanne atmosfeer.
Ek is ook gereeld ‘n spreker by vroue-oggende of ma-en dogter-oggende. Ek gesels en motiveer. Ons lag en ons huil. Ons praat oor gewig en oor al ons hang downs dat ‘n push-up bra ons nie eers meer kan oplig nie. Ek verseker hulle dat solank hulle nie swaarder as hul yskaste weeg nie, is hulle nog oriaat. My nuutste praatjie is: My Melk Kook oor. Wat druk ons vrouens in die rooi en hoe hanteer ons dit.
Ek het ook die voorreg om by berade te kan optree waar ek met professionele persone gesels en hul grense probeer verskuif. Skole bespreek my om motiveringspraatjies vir personeel te doen. Vir my is daar tussen ‘n groef en ‘n graf min verskil. Albei is n plek van rus en gemak. Jy moet elke dag iets doen wat jou bietjie bang maak.
Besighede bespreek my vir spanbousessies. Ons bak brood, maak pizzas of kook ‘n hele maaltyd. Dit is ‘n lekker aktiwiteit om ‘n gesonde atmosfeer in die werksplek te verseker.
Met my nuwe kinderkookboek op die rakke: Marinda se Kinderkombuis met Sjef Sout en Prof Pretzel besoek ek skole en doen werkswinkels met die leerders. Hulle geniet dit en ek ontwikkel vaardighede sonder dat hulle dit eers besef.
Marinda se Koskas is my nuwe volwasse kookboek en ek bring dit saam na my praatjies toe. Ek doen demo’s uit die boek of ek daag twee lede van die gehoor uit om die resep te maak deur bloot net na my te luister. Aan die einde kyk ek wie se eindproduk die naaste is aan die prentjie. Dit veroorsaak baie lag en konsternasie.
Deesdae bespreek die publiek my vir kleiner intiemer funksies. Ek daag by hul huise op en kook vir die gaste ‘n maaltyd van hul keuse in hul eie kombuis. Hulle sit rondom my en leer terwyl ek kook. Ons drink wyn, kuier en eet saam.
Indien jy belangstel daarin om my te bespreek vir ‘n optrede, kontak marindakook@gmail.com.
Bespreek my vir:
- Vrouedae
- Potjiekos beoordeelaar
- Kiddies werkswinkels
- Spanbou vir besighede
- Ma-en -dogteroggende
- Intieme funksies waar ons almal saam kook
Kookboeke
My kookboeke is beskikbaar by Takealot, Loot, Exclusive Books en alle goeie boekwinkels.
Koop Marinda se Koskas by Takealot, Loot of Exclusive Books.
Koop Marinda se Kinderkombuis met Sjef Sout en Prof Pretzel by Takealot, Loot of Exclusive Books.