Hoofgereg, Rooivleis

Bobotie vir ete

51 comments

Ek het met bobotie groot geword.  My ma het dit vir ons bedien met ertjies en geelrys.  Gewoonlik was daar  gestoofde vrugte as bykos bedien.  Die resep wat ek vandag gee, is die basiese resep.  Daar is verskeie kinkels om dit nog meer intressant te maak .  Ek sal dit ook bysit onderaan die resep.

Bobotie vir ete

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Hoofgereg, Rooivleis
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 2 uie fyn gesny

  • 15 ml olie om die uie in te braai

  • 2 snye brood

  • 100 ml melk

  • sout en peper na smaak

  • 80 ml appelkooskonfyt

  • 40 ml kerriepoeier

  • 15 ml borrie

  • 5 ml fyn komyn (as jy het, anders los jy dit uit)

  • 30 ml asyn

  • 3 suurlemoen of lourierblare

  • 1kg bees maalvleis

  • Bolaag
  • 1 eier

  • Geklits in 60 ml melk

Metode

  • Sit die brood in ‘n diep bord en gooi die 100 ml melk oor die brood.
  • Braai die uie tot glaserig in ‘n bietjie olie bo-op die stoof.
  • Gooi al die res van die bestandele in ‘n mengbak en meng deeglik deur.
  • Druk die melk uit die brood en meng saam met jou uie by die vleismengsel.
  • Skep dit in ‘n gesmeerde oondbak.
  • Meng jou bolaag (1 geklitste eier en die 60 ml melk) en gooi dit oor jou vleis in die oondbak.
  • Sit die suurlemoenblare bo-op alles.
  • Bak vir 60 minute by 190 grade celsius.

Notas

  • Wat kan jy ekstra doen: Jy kan 125 ml rosyne of gesnipperde appelkosies by jou vleismengsel inmeng.
  • Jy kan amandelsplinters bo-op jou vleismengsel sit.
  • Jy kan tertappels fyndruk en dit heel bo op die vleis sit.  Dan bo-op die appels kan jy 125ml gerasperdekaas en 200ml meel krummel en dit bo-op sit.
  • Geniet jou bobotie met rys en groente.  Altyd ‘n wenner en jy kan heelwat mense kosgee met dit.
bobotie blog 022

51 Comments

  1. Elana Vermaak

    Nou ja, ekt gedink vanaand maak ek net die doodgewone een en dan gaan ek genoeg maalvleis koop sodat ek elke keer een van die kombinasies kan probeer. Thanks tannie Marinda, ek hou tannie op hoogte van die huismense se kommentaar.

  2. marindakook

    Sonja , maak dit en laat weet.

    • marindakook

      Sonja, dit is 1kg maalvleis. Het na die tyd agtergekom (danksy mense soos jy) dat ek dit nie ingesit het nie! Dis nou op. Lekker kook. Marinda

  3. hannali claassen

    Wil weet die hoeveelheid van maalvleis sien nie by bestanddele.

  4. Marius Jonker

    Jou resep klink baie lekker- ek gaan dit sommer vanaand vir ons gesin maak; saam met lekker geelrys en rosyntjies en pampoen.

  5. Word die maalvleis eers gebraai?

  6. Word die vleis nie vooraf gebraai nie, net so rou in bak voor dit oondtoe gaan?

  7. Kan dit gevries word. Indien wel, maak jy dit gaar en varies Dan?

  8. Dankie vir die resep ek soek nou nie eers meer op enige blad iets om te maak nie. Die manier waarop jy dit uiteensit is fantasties Baie dankie

  9. Het elke rpisode probeer om diecresep af te skryf sal baie graag diecresepte wil maak lyk rerig so maklik

  10. Dit klink heerlik. Dankie Marinda. Ek gaan dit verseker probeer🌺

  11. Samantha Naude

    Ek maak hom vanaand. Lekker maklik. Kan nie wag om te proe.

    • More more, hoop jou bobotie het lekker gekom. Ek vind deur die vleis rou in die bak te sit maak dat die bobotie sappiger is.
      Laat weet hoe dit gesmaak het.
      Groete
      Marinda

  12. Linda Coleske

    Waar kan ek jou kookboek Maklik met Marinda koop. Ek het op Takealot gekyk asook Spar en Pick en Pay in Uitenhage en CNA ook. Kry nerens die boek nie.
    Groete
    LINDA COLESKR
    UITENHAGE

  13. Marinda, ek hou van jou manier van kook.
    Jou resepte is vinnig en maklik. Ek maak môre aand jou Bobotie.
    Mooi aand.

  14. Die bobotie was heerlik. Dit was nou regtig vinnig en maklik gewees.

  15. Carina Anderson

    Het baie oud geword voor ek Bobotie probeer maak het en as ek geweet het dis so maklik het ek dit al lankal probeer!
    Dankie vir die no nonsense resep!!!

  16. Marinda kan jy my asb help met jou Bobotie mince bolletjies met die room sous oor en klapper bo oor gestrooi. Wil graag vir my familie dit maak! Dit was omtrent 3 episodes terug.
    Baie dki.
    Groete Lidia

  17. Andrea Marnitz

    Hi. Ek wil ook graag verneem of ek die boek kan bestel. Wat kos dit jou saam die courier kostes?

    • Goeie middag

      Die kinderkookboek: Marinda se Kinderkombuis met Sjef Sout en Prof Pretzel
      Volwasse boek: Marinda se Koskas
      Die prys is R250 per boek

      Koerier koste: As ek dit vir jou stuur van ’n Pep Stores na jou naaste Pep Stores werk dit R60 vir die sakkie waarin ek dit sit in sowel as die koste om dit by jou Pep te kry. Jy kan tot 10 boeke in een pakkie sit.

      Postnet vra R100 om dit na jou naaste Postnet te stuur.
      As jy wil kan ek ’n naam en boodskap voorin skryf. Ek hoop dit help
      Groete
      Marinda

  18. Bosman Olivier

    Dankie Marinda vir die lekker resep. Die familie gaan die meermaal kry as ek die dag moet koop. Ek maak dit van wildsvleis, maar die res is dieselfde as jou resep.

  19. Maak vanaand vir die eerste keer bobotie 🌸 die resep was vinnig om te maak 🌼

  20. Dankie vir hierdie lekker resep. Ek het dit met vark mince gemaak (al wat ek gehad het), en dit was fantasties!

  21. Liefste Marinda
    Ek en my 2 sussies het n girls naweek sonder die manne gehad, en ek soek toe n bobotie resep. Min geweet dat hierdie resep van jou, ons familie resep vir die toekoms sal wees. Dis was heerlik. Dankie ook al die raad hier op die blad 🙏🏻

  22. Ek maak dit gereeld in die baie lekker. Dankie dat jy dit gedeel het.
    Groete

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*