Ek het vir 3 dae probeer om die beste sjokoladekoek te ontwikkel wat daar bestaan. Dit moes iets tussen ‘n koek, ‘n mousse en ‘n brownie wees. Hier is dit.
Sjokoladekoek – ryk, nat en verskriklik lekker
Bestanddele
227 g koekmeel
75 g kakaopoeier
7,5 ml bakpoeier
7,5 ml koeksoda
5 ml sout
500 ml suiker
2 eiers
250 ml melk
125 ml gewone olie
10 ml vanilla
250 ml kookwater met 10 ml koffiepoeier in opgelos
- Versiersuiker
65 g kakaopoeier gesif
750 ml versiersuiker gesif
80-85 ml melk
5 ml vanilla
120 g botter gesmelt
Metode
- Skakel die oond op 180C.
- Gebruik twee gewone koekpanne en sit bakpapier onderin en spuit die panne met Spray en Cook.
- Sif die meel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ‘n mengbak.
- Klits die suiker by, dan die eiers, dan die melk, dan die olie en laaste die warmwater met die koffie. Die beslag lyk dun, maar dit is reg so.
- Verdeel die beslag tussen jou koekpanne en bak vir 30 – 35 minute. Toets met ‘n toetspennetjie of dit gaar is. Moenie oorbak nie.
- Laat dit vir 10 minute afkoel in die panne en keer dit dan om op ‘n draadrakkie.
- Versiersuiker
- Klits die kakaopoeier by die gesmelte botter.
- Om die beurt klits die versiersuiker en melk by. Kyk of dit die reg lyk anders sit nog melk by.
- Klits die vanilla by.
Notas
- Ek het in die middel karamel en versiersuiker gesit. Net versiersuiker is ook reg.