My ma het altyd vir ons die pampoenpoffertjies uit Wenresepte gemaak. Dit was asof jy poeding en kos gelyk mag eet. My ma is nou al geruime tyd oorlede en ek verlang vandag na haar. So hierdie poffertjies maak ek ter ere van my ma, Sarietha Uys. Dis djeeeeeeeerlik.
Pampoenpoffertjies – wat die sous opsuig
Course: Bykosse, Groente30
minutes40
minutesBestanddele
- Poffertjiebeslag
750 ml gaar fyn pampoen
2 eiers
5 ml sout
500 ml bruismeel
15 ml bakpoeier
500 ml olie om die poffertjies in te braai
- Stroop
500 ml suiker
250 ml water
125 ml melk
30 ml botter
sout
10 ml mielieblom/ mazina
Metode
- Klop die gaar fyngedrukte pampoen, eiers en sout saam.
- Meng die bakpoeier en bruismeel by.
- Verhit die olie in n pan en skep lepels vol van die beslag in die warm olie.
- Draai om as dit bruin is en dreineer op kombuispapier in n bak.
- Hou dit warm.
- Maak nou die sous. Ek het my sous in die mikrogolf gemaak, jy kan dit in n pot op die stoof ook maak.
- Mikrogolf die suiker, melk , water en botter vir 5 minute. Roer dit totdat die suiker opgelos is.
- Meng die mielieblom met n klein bietjie water totdat dit glad is.
- Roer dit by die suikermengsel en mikrogolf vir nog 2 minute.
- Gooi die warm stroop oor die warm poffertjies.
Notas
- Dis een van die lekkeste geregte wat ooit opgeteken is in ons kosgeskiedenis. Jy mag alleen die hele bak sit en opeet…
Halo! Hoeveel poffertjies kry jy uit die beslag? Dit lyk vrek lekker!!
Jy kry nogals baie uit. Genoeg dat 8 mense ruim kan eet. Nog nooit getel nie. Laat my weet as jy hulle maak. Dis heerlik.
Maritza, ruim vir 8 mense as bykos. Dis heerlik.
Groete
Marinda
Ek gan vandag die resep probeer. Iets anders. Bja dankie
Suretha , ek sal dit sonder sous vries. Dis heerlik. Het dit gisteraand gemaak.
Geniet
Marinda
Thxs for this awsome recipe have made it quiet a few times for a family rhat does not like pumpkin I have had no left overs they love it.xxx
This is good news Beverley. Enjoy!
Regards
Marinda
Marinda die pampoenpoeffertjies lyk heerlik. Kan ek dit al die oggend maak en die aand net weer warm maak? Sal dit nie uitdroog nie?
Elize, jammer ek antwoord nou eers. Was vir so 14 dae weg van my huis af. Jy kan dit beslis n dag voor die tyd maak. Die sous keer dat dit nie uitdroog nie. Jy kan self die sous apart hou en eers die dag van bediening oorgooi.
Mooi dag
Marinda
Vries die poffertjies goed? En dan met of sonder sous?
Vries goed. Sonder sous.
Heerlike resepte. Het toevallig op dit afgekom en dit begin maak. Heerlik.
Geniet!
Geniet elke happie.
Wow! Lank op soek na so resep! Lyk baie lekker!
Dieplekker
Hi jy se bruismeel “self raising flour” ???
En jy sit bakpoeier in?
Jammer ek bak nie regtig nie so is ernstig dom met die goed…
Baie dankie vir resep
Ek het dit vir kersete gemaak sonder bruismeel – maar het “All purpose flour” gebruik – dit was heerlik.
Jy maak my hart sing.
Dankie vir die lekker resep.
Geniet!
Marinda
Dankie, My kinders is mal daoor
So bly!!!!!!
Ek wil dit vandag probeer mar wil ook graag weet bruismeel en dan nog 15ml bakpoeier ook is die resep reg so of is dit n dom vraag.
Dit is reg so.
Baie dankie vir jou heerlikkke resepte xx
Geniet. Dis. net liefde
HI MARINDA
JONG EK HET VANDAG JOU PAMPOENPOFFERTJIES GEMAAK.
DIT HET BAIE MOOI GEKOM.
DAAR KOM NOGAL BAIE UIT SO N BESLAG.
DIT PROE FANTASTIES.
LIPLEKKER LEKKER.
WIL NET WEET MOET HY BAIE POF WEES OF NIE EINTLIK
Dit moet lekker vet uitpof
Mooi voluit pof
Hi Marinda
Wil jou pampoenpoffertjie resep probeer.Hoeveel gram rou pampoen sal vir my 750ml gaar pampoen gee.
Baie Dankie
Dit is twee en ‘n half koppies. Ek is nie nou naby ‘n skaal om te weeg nie.
m
Hihi. Wil net hoor watse pampoen werk die beste?
Enige pampoen werk. Ek gebruik graag die wit boerpampoen.
Dis die beste pampoenkoekie resep ooit en baie maklik
Ek is so so bly.
Die poffertjies is heerlik. Mense het altyd mal gegaan oor pampoenkoekies maar ek nooit mal daaroor nie. Hierdie poffertjies het my oortuig n pampoen poffer van jou Marinda is die wenner. Dis so lekker lig heerlik. Pampoen koekies is te kluitjie vir my
Hierdie resep gaan nou my vashaak wees as ek gaste wil impress. Dankie Marinda
Jy kan dit selfs vries sonder die sous. Maak net die sous op die dag wat jy dit ontdooi en warm maak.