Beesvleis, Gebak, Hoofgereg, Rooivleis

Herderspastei – In sy eenvoud lekker huiskos

36 comments

Herderspastei is daardie  kos wat nie groot aansien het nie. Dis egter eerlike kos.  Kos wat nie vrae vra nie en net sag gaan le in die maag.

Herderspastei – In sy eenvoud lekker huiskos

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Beesvleis, Gebak, Hoofgereg, Rooivleis
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • Bolaag
  • aartappels

  • 60 ml botter

  • 125 ml melk

  • Vulsel
  • 500g maalvleis

  • 20 ml botter

  • ui gekap

  • 15 ml gemengde speserye

  • 1 blik tamaties

  • 2 knoffelhuisies gekap

  • 30 ml worcestersous

  • sout en peper na smaak

  • 500 ml  bevrore groente van jou keuse

  • 5 ml fyn neut (hou dit vir heel laaste – jy stooi dit bo-op jou pastei)

Metode

  • Kook aartappels in water tot sag.
  • Gooi die water af en sit 60 ml botter by die aartappels.  Druk dit fyn met n aartappeldrukker.
  • Maak melk warm en roer dit by die aartappelmengsel. Kyk of jy meer melk nodig het. Dit moet lekker sag wees. Sout en peper na smaak.
  • Hou eenkant totdat jou vleis gaar is.
  • Braai die gesnyde uie en knoffel in n pan tot glaserig in jou botter.
  • Braai jou maalvleis tot bruin saam met die uie.
  • Gooi blikkie tamaties, worcestersous en gemengde kruie by die vleismengsel. Sout enpeper die gereg nou en roer deur. prut vir 5 minute.
  • Gooi jou bevrore groente ook in die pan by die vleis en laat dit prut vir nog 5 minute.
  • As jy sien jou vleismengsel is baie waterig kan jy die water wegkook of dit verdik met bistro.
  • Skep jou vleismengsel in n oondbak.
  • Skep jou kapokaartappels bo-op jou vleis en maak patroontjies met die agterkant van ‘n vurk.
  • Strooi fyn neut oor die boonste aartappellaag.
  • Bak dit by 180 grade celsius vir 30 minute.

Notas

  • Geniet die herderspastei met rys en n lekker skorsie.  My gesin het dit op n sny brood geniet – wat kan ek se?
  • Jy kan spek braai saam met die uie vir n ekstra lekkerte.  Ons hou van sterk kos, so ek het 10 ml chilliepoeier by ons herderspastei gemeng.
cottage pie blog 054

36 Comments

  1. Lyk fantasties my ma het dit baie gemaak laat my skoon terugverlang na daardie tyd.Sal dit defnitief maak.dankie!!

  2. Dit lyk ongelooflik lekker,fantasties

  3. Elizabeth Dockel

    Jou dis lyk besonders, het dit lanklaas gemaak, en gaan die keer jou resep doen! Dankie!

  4. Kleina Pretorius

    Marinda, dit lyk baie lekker en is bietjie anders as wat ons dit
    gewoonlik maak.

  5. Marinda ek sien in jou resep sê jy gemengde speserye maar die foto langsaan is van gemengde kruie? Ek neem aan die kruie is reg?

  6. Marie strydom

    Marinda, rek vra asb resep vir herderspastei. Sien by jou resepte is herderspastei maar kan resep nie oopmaak nie.

  7. Goeie naand marina ek het groot asb raad nodig moet herderspastei vir my dogter se troue maak hoeveel mince en bestanddele het ek nodig groot asb

  8. Beaula Boshoff

    Dankie Marinda ek maak elke dag kos vir die kinders en elke keer dink ek aan jou hulle eet uit die boeke hoor hulle kan my nie genoeg bedank nie maar hulle weet nie ek steel so biekie by jou nie
    Thnx luv yu lots

  9. Ag heerlik my herders pastei ook maar die normale een ek gaan joune probeer, ek ht eendag by n oom hul op Thaba geëet, hul ht speserye maalvleis en macaroni gemeng en toe kapok aartappels boop en gebak in oond met kaas boop en n slaai was iets anders en Heerlik dankie Nicoline

  10. Dankie dit is Mallik en heerlik. Sal dit vanaand maak

  11. Lettie de Klerk

    Baie dankie vir die heerlike resep. Was ongelooflik lekker. Beslis ‘n wenner.

  12. Hettie Meyer

    Hallo, wil met seker maak of mens dit kan vries. Dankie, lyk heerlik.

  13. Ek het die neut gelos maar dit was steeds heerlik.

  14. Leandri Boshoff

    En so besluit ek vinaand om bietjie die resep te probeur ek is n enkel ma van 3 en is uit geput op idees wat ons vinaand gaan eet en die resep is so lekker ek het alles in die koskaste wat hy kort kan nie wag om te proe hoe hy uit kom nie dankie Marinda vir die resep

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*