‘n Heerlike sout kaaskoek met 4 soorte kaas en balsamiese uie
Kaaskoek – quattro formaggi
20
minutes40
minutesBestanddele
200 g soutbeskuitjies
90 g gesmelt botter en 30 ml olyfolie
250 g volroom roomkaas sag by kamertemperatuur100 g feta gekrummel
150 g cheddar gerasper
100 g bloukaas gekrummel
4 eiers liggies geklits
125 ml suurroom
5 ml Dijon-mostert
5 ml knoffelpoeier
5 ml gedroogde tiemie
Varsgemaalde swartpeper na smaak
3 uie dun gesny
30 g botter
20 ml bruinsuiker
20 ml balsamiese asyn
knippie sout
Metode
- Vir die uie: Verhit die botter en olyfolie in ‘n pan oor lae hitte. Voeg die uie en sout by en kook stadig vir omtrent 15 minute. Voeg die bruinsuiker en balsamiese asyn by en laat die karamaliseer. Hou dit eenkant dat dit afkoel.
- Vir die kors: verkrummel die beskuitjies fyn en meng dit met die gesmelte botter. Spuit ‘n losboompan en druk dit vas in die pan. Bak vir 10 minute by 180C en laat dit afkoel.
- Vir die vulsel: Klits die roomkaas tot glad. Voeg die feta, bloukaas, eiers, suurroom, cheddar, mosterd, knoffelpoeier, peper en tiemie by. Meng net tot alles goed gekombineer is.
- Bou die kaaskoek: gooi die helfte van die kaasmengsel in jou pan. Skep die uie eweredig oor die kaasmensel. Gooi die res van die kaasmengsel oor die uie en maak dit glad.
- Bak: Bak teen 170C vir 45 minute. Die middel moet nog effens bewe as jy dit liggies skud. Maak die oonddeur effes oop en laat dit nog vir 30 minute in die oond afkoel. Verkoel daarna vir 3 uur of verkieslik oornag.
- Bedien: Ek het myne bedien met heel groenvye. Jy kan ook ‘n handvol gerasperde parmesankaas en vars tiemie oorgooi.






