Ek ken gammon op die kerstafel. My ma het dit mooi versier met kersies en pynappelringe. Vir my bly dit een van die lekkerste vleissoorte om te eet. Gammon is lekker koud of warm. Ek sit hierdie resep betyds op vir kersfees.
Gammon vir Krismis – en vir die res van die jaar
Course: Hoofgereg, Varkvleis30
minutes40
minutesBestanddele
1,7 kg gammon
1 liter Ginger Ale1 ui
3 wortels
3 lourierblare
6 peperkorrels
10 ml mostertpoeier
125 ml appelkooskonfyt
125 ml bruinsuikernaeltjies
Metode
- Sny die ui en wortel grof in n pot.
- Gooi die peperkorrels, lourierblaar en Ginger Ale by die wortels en ui.
- Plaas jou gammon in die pot en kook vir elke 500g jou vleis vir 30 minute ( my 1,7kg het vir 90 min gekook).
- Laat die vleis afkoel in die sous.
- Sny nou die dik vel los van die vet met n skerp messie.
- Sny die vet in diamante.
- Sit in elke diamant n naeltjie.
- Meng 125 ml bruinsuiker, 125 ml appelkooskonfyt en 10 ml mostert saam.
- Smeer dit ruim oor die vleis.
- Plaas die gammon terug in die oond op 180 grade celsius vir om en by 30 minute of totdat jou gammon mooi bruin is van die bedruipsel – jy kan dit selfs n bietjie onder die rooster element sit.
Notas
- Geniet hierdie feestelike vleis warm of koud saam met groente en slaai. n Klein bietjie mostert saam met dit maak dit heerlik.
Dit is koningskos
Danie dit is krismiskos vir die Koning.
Groete
marinda
Die vel kan in olie gebraai word om te crackle of sommer in die oond of Oor die Koke.
Die vel kan in olie gebraai word om te crackle of sommer in die oond of oor die kole .
Anita dit klink heerlik. Ek vries gewoonlik die vel en gebruik dit in my boontjiesop.
Groete
Marinda
Dankie Marinda vir die voorbereidig van gammon. Gaan dit geniet.
Kleina
Gammon bly my gunsteling. So lekker koud op n toebroodjie die volgende dag.
Groete
Marinda
Hi marinda dit lyk baie lekker maar moet daar water in gegooi word en hoeveel want dit sè nie in die resep nie
Ja as jy die vleis ooi net genoeg water tot in die middel van die pot.
Jy sal sien dat die resep se jy moet Ginger Ale ingooi.
Hoeveel gingerale om gammon in te kook?
Sodat jou vleis so ‘n kwart daarin le. Hou die vloeistof dop.
will most certainly try it thanks
Marinda, wat word met die groente gemaak, nadat die gammon klaar gebraai is?
Die groente is gewoonlik pap gekook. Jy kan dit rondom die gammon pak as jy wil. Geniet jou Gammon.
Marinda
Baie dankie vir die resep gaan dit beslis doen vir Kersfees💕
Geniet!!!!!
Marinda kan ek die gammon 2 dae voor die tyd klaar kook en net op Kersdag weer in die oond warm maak?
Baie dankie
More, Ek sal dit klaarmaak tot voor die glaze.
Geniet jou gammon
Hi marina, hoeveel suiker en appelkooskonfyt word benodig vir die gammon
Rose,
Ek sal se so 100 ml suiker en 100 ml appelkooskonfyt. Dit moet net so lekker smeerbaar wees.
Ja jy kan. Ek maak myne ook vroeer gaar en draai toe en bêre in yskas. Ontdooi Dan as jy uithaal en maak louwarm of hoe jy verkies
Was not altyd bang vir gammon, maar hierdie resep maak my dapper. Gaan dit beslis probeer.
Laat weet hoe dit gekom het. Geniet die kook.
Liefde
Marinda
Marinda!
Kyk graag jou kook program.
Het vanjaar gammon jou manier gemaak soos hierbo. Hy het lieflik uitgekom. Nou net uit oond gehaal. Gaan beslis ‘n treffer op die kerstafel wees.
Baie dankie!
Groete uit Melkbos
Benita
Benita, jy maak my hart sing. Geniet jou gammon.
Liefde
Marinda
Het ook jou resep gevolg en ook die Soutvleis een . Kan nie wag vir more om dit kan eet nie. Lekker saam homemade mosterd.
More
Ek hoop dit was lekker. Seen vir die nuwe jaar.
Groete
Marinda
Voeg jy water by as die ginger ale weg look?
Casper
Ek voeg aan met water.
groete
Marinda
Marinda jou gammon resep is die beste.. My gammon was so sag en baie smaaklik.. Ek jou en jou kos program baie mooi bly.. Groete Amanda.
More
Ek is so bly. Ek maak sommer gammon heel jaar deur.
Liefde
Marinda
Hoeveel mense kan eet aan 2kg gammon.
(Daar is 3 soorte vleis op dié tafel asook slaaie) asb
As jy dit lekker dun sny sal ek se 8 mense met gemak.
Is hierdie resep vir smoked gammon.
Dit is
Net die resep wat ek nodig gehad het!! Baie dankie! Soek nog die een vir tuisgemaakte mosterd.
Geniet!
Hi Marinda
My Ham is baie droog. Is daar ‘n sous wat ek die ham kan inlê?
Ek is baie teleurgestel in die ham. Ek glo dit is die vleis wat droog is.
Dankie
Ai Linda, jammer om dit te hoor. Het jy dit nie miskien te lank gekook met te min vloeistof nie? Maak ‘n lekker mostertsous en eet dit met jou ham.
Ek het my gammon hierdie jaar stap vir stap volgens jou resep gekook. Oe!!! Dit was heeeerlik! Geen ander resep weer vir my ooit!
Ek is so so bly.
Goeie dag,
Ek sien nie die hoeveelheid appelkooskonfyt en bruinsuiker gelys by die bestandele nie. Kan jy daarmee help asb.
Dielda, ek maak so ‘n dik paste op gevoel.
Ek stem hierdie resep is die beste ooit!
Soos my ma gemaak het. Geniet jou gammon.
More Marinda
Ek wil graag watter bruinsuiker jy gebruik, donker of lig asook watter mosterd.
Vul hy die gingerale aan met water of nog gingerale.
Baie dankie.
More Marinda
Ek wil graag weet of jy donker bruin suiker of die ligter een gebruik, asook watter soort mosterd asseblief.
Baie dankie
Enige een van die twee.