Dit is een van daardie slaaie wat altyd met ons sal wees. Of jy dit op kleinskaal maak vir n paar gaste of op grootskaals vir n onthaal – dit bly n wenner. Maak dit op n Vrydag en dit hou vir die hele naweek as iemand dit nie in die nag gaan opeet nie.
Kerrie noodleslaai – hou vir lank in die yskas
Course: Slaai30
minutes40
minutesBestanddele
500 g gaar noodles
1 groen/rooi/geel peper fyn gesny ( kies jou kleur)
1 ui fyn gesny
250 ml tamatiesous
125 ml witasyn
125 ml kookolie
200 ml suiker
30 ml kerriepoeier ( of meer)
Tabasco na smaak
sout en peper
Metode
- Kook die noodles tot sag maar nie pap nie, dreineer goed.
- Sny jou ui en peper in mooi klein blokkies en meng dit deur die noodles.
- Meng die res van die bestandele in n bakkie.
- Roer dit deur jou noodles.
- Los dit oornag in die yskas. Hoe langer dit staan hoe lekkerder word dit.
Notas
- Dit is n heerlike bygereg by braaie of sommer net vir so eet.
Marinda jy is bobaas kos aanbieder. Dis maklik om jou aanbieding te volg. Dankie vir dit
Opreg dankie. My manier van kook is eenvoudig. Ek probeer dit so maklik as moontlik te maak. x