Bykosse

Gehasie, proe die Spinasie

Comments are Disabled

Gehasie, proe die Spinasie

Recipe by Marinda Engelbrecht
0.0 from 0 votes
Course: Bykosse
Prep time

10

minutes
Cooking time

15

minutes

Spinasie is gesond en heerlik as dit reg gaargemaak is. Die resep is vir vra-na-meer.

Bestanddele

  • 600 g vars spinasie mooi gewas en fyner gekap

  • 4 aartappels gekook en in blokkies gesny ( nie te klein nie)

  • 1 ui gekap

  • 10 ml borrie

  • 10 ml paprika

  • 10 ml knoffelsout

  • 1 suurlemoenskil fyn gerasper

  • 1 suurlemoen se sap

  • sout en peper na smaak

  • 80 ml sonneblomolie

Metode

  • In ‘n pan braai die ui in die olie vir 2 minute
  • Voeg die borrie, paprika en knoffelsout by en braai vir nog 2 minute
  • Voeg die gaar aartappelblokkies by en braai vir 2 minute
  • Voeg die spinasie, suurlemoenskil, suurlemoensap en sout en peper by. Sit ‘n deksel op en stoom tot die spinasie gaar is. Roer van tyd tot tyd sodat alles goed meng.Proe en pas aan na jou palet
  • Dit is heerlik as ‘n hoofmaal of as n bygereg.

Comments are closed.