Gebak, Koeke

Klam lemoenstroop-koek

Comments are Disabled

Klam lemoenstroop-koek

Recipe by Marinda Engelbrecht
0.0 from 0 votes
Prep time

15

minutes
Cooking time

45

minutes

Bestanddele

  • 250 g koekmeel

  • 15 g bakpoeier

  • knippie sout

  • 200 g strooisuiker

  • 30 ml fyngerasperde lemoenskil

  • 3 groot eiers

  • 180 ml sonneblomolie

  • 180 ml vars uitgedrukte lemoensap

  • 125 g Griekse jogurt

  • 5 ml vanilla

  • Lemoenstroop
  • 250 ml vars uitgedrukte lemoensap

  • 100 g strooisuiker

  • 30ml fyngerasperde lemoenskil

  • Lemoenroom
  • 250 ml room

  • 100 g strooisuiker

  • 10 ml fyngerasperde lemoenskil

  • 5 ml vanilla geursel

Metode

  • Voorverhit die oond tot 180C
  • Sif al die droe bestanddele in ‘n bak. Roer die lemoenskil deur.
  • Klits die eiers goed. Klits daarna die ander nat bestanddele saam met die eier.
  • Gooi die nat bestanddele by die droë bestanddele en klits saam. ( moenie te veel klits nie)
  • Gooi die beslag in ‘n goed gesmeerde koekpan.
  • Bak vir 40-45 min tot die toetspen mooi skoon uitkom.
  • Intussen maak jy die stroop aan wat oor die warm koek gegooi gaan word.
  • Maak die stroop deur al die bestanddele saam te kook vir 5-7 min.
  • Vir opdiening klits al die bestanddele vir die room saam en bedien saam met die koek

Comments are closed.