Seekos, Uncategorised

Viskoekies

Comments are Disabled

Met ‘n viskoekie kan jy vir my in ‘n wip vang..

Viskoekies

Recipe by Marinda Engelbrecht
5.0 from 1 vote
Course: Uncategorised
Prep time

20

minutes
Cooking time

20

minutes

Met ‘n viskoekie kan jy my in ‘n wip vang – en ek sal daar bly tot ek elkeen opgeeet het.

Bestanddele

  • 500 g gaar witvis gevlok(hake, engelvis ens)

  • 500 g gaar aartappels

  • 1 klein ui fyngerasper

  • 125 ml fyngekapte pietersielie

  • zest van een suurlemoen

  • 1 eier liggies geklits

  • sout en peper

  • Genoeg Pankokrummels om jou viskoekies te bedek

Metode

  • Terwyl die aartappels warm is, druk dit fyn met ;n vurk.
  • Meng al die bestanddele behalwe die Pankokrummels by jou aartappel.
  • Maak viskoekies deur ronde balletjies te maak en effens plat te druk. Ek gebruik ‘n roomys “scoop” sodat die viskoekies ewe groot is.
  • Gooi die Pankokrummels in ‘n bakkie. Druk nou elke viskoekie in die krummels tot dit goed vol krummels is. Plaas die viskoekies nou op ‘n bord of bakplaat vir ten minste ‘n uur in die yskas.
  • Ek het my viskoekies in die lugbraaier gebraai op 180C vir 8 minute aan ‘n kant of tot dit mooi bruin is. Jy is welkom om dit in olie in ‘n pan te braai.
  • Bedien met ‘n lekker slaai, skyfies of kapokaartappels. Moenie die suurlemoen vergeet nie.

Comments are closed.