Ek noem dit my “dronk pere”. Dit lyk altyd mooi veral as jy dit in die lengte deursny en jy los die stingeltjie aan. Mense dink jy is vreeslik grand. Ek vat nie nonsense van ‘n roomys nie. Jy sal dit gereeld in my vrieskas kry, vir die vinnige uithaal […]
Hierdie is geen fênsie kookblog nie. Dis sommer net ‘n eenvoudige webwerf sodat my kinders en hulle vriende en hulle vriende se vriende kan leer kook. Sodat hulle my nie so baie hoef te bel om te hoor: hoe maak mens… nie.