Ek noem dit my “dronk pere”. Dit lyk altyd mooi veral as jy dit in die lengte deursny en jy los die stingeltjie aan. Mense dink jy is vreeslik grand.
Ek vat nie nonsense van ‘n roomys nie. Jy sal dit gereeld in my vrieskas kry, vir die vinnige uithaal vir onverwagste gaste. Jy kan enige iets by dit inroer voor jy dit vries: sjoolade splinters, koekiekrummels, marshmellows, gedroogte vrugte ens.
Geposjeerde pere en vanieljeroomys
30
minutes40
minutesBestanddele
- Pere
500 ml rooiwyn
2 strepies skil van ’n lemoen
125 ml suiker
1 steranys
1 naeltjie
1 kaneelstokkie
2 pere
5 ml mielieblom (Maizena)
10 ml water
- Roomys
500 ml dubbelroom
10 ml vanieljepasta
1 blikkie kondensmelk
Metode
- Pere
- Sit die rooiwyn, lemoenskil, suiker, steranys, naeltjie en kaneelstokkie in ’n pot en verhit dit totdat die suiker opgelos het.
- Skil die pere, maar hou die stingeltjie aan.
- Sit dit in die rooiwyn en laat prut totdat die pere net sag raak.
- Haal die pere uit.
- Meng die mielieblom met die water totdat ’n pasta vorm.
- Roer dit in by die rooiwyn en laat die sous verdik.
- Jy kan die pere warm of koud geniet saam met die roomys en die rooiwynsous.
- Roomys
- Klits die room en vanielje tot sagte punte.
- Klits die kondensmelk by.
- Gooi die mengsel in ’n houer en vries oornag.
Hi Marinda, jou geregte is so lekker maklik om voor te berei en lyk altyd so heerlik. Ek geniet jou program. Jys so dierbaar. Groete Porsche. Franschhoek.
Jy maak my hart sing. Baie dankie.
Altyd lekker om jou te sien kook, Marinda.
Dankie Soekie
Baie dankie vir hierdie pere e roomys resep! Gaan dit definitief maak ek is mal oor jou resepte e kosmaak dankie!!
Jy maak my hart sing.
Love ❤ your programme and your food.
Baie baie dankie. Mooi dag.