Winter in die Kaap is nie tyd vir buite braai nie. Met die dat ons nie n binnebraai het nie, besluit ek toe maar om die tjoppies in die oond te braai. Dit was heerlik verby.
Hierdie is geen fênsie kookblog nie. Dis sommer net ‘n eenvoudige webwerf sodat my kinders en hulle vriende en hulle vriende se vriende kan leer kook. Sodat hulle my nie so baie hoef te bel om te hoor: hoe maak mens… nie.