Hoender, Hoofgereg

Eenskottel-hoender

Comments are Disabled

Eenskottel-hoender

Recipe by Marinda Engelbrecht
Prep time

30

minutes
Cooking time

1

hour 

30

minutes

Bestanddele

  • 8 hoenderdye

  • 1 rooi ui in ringe gesny

  • 1 tamatie in ringe gesny

  • Olyfolie

  • Sout

  • Peper

  • 500 ml Spekko Basmati-rys (was en dreineer dit)

  • 2 knoffelhuisies fyn gerasper

  • 4 x 250 ml kookwater

  • 5 ml paprika

  • 15 ml Baharat (koop by Woolies)

  • 30 ml dadelstroop of heuning (koop dadelstroop ook by Woolies)

  • 50 ml tamatiepaste

  • Gekapte pietersielie vir afronding

Metode

  • Stel die oond op 180C
  • Gooi 10 ml growwe sout op die bodem van jou pan.
  • Bedruip die pan met ‘n dun lagie olyfolie.
  • Pak die gesnyde rooiui en tamatie op die olyfolie.
  • Skep die gedreineerde rys op die laag tamatieskywe en uie.
  • Pak die hoender op die rys. Sout en peper na smaak.
  • Nou jou sous: meng die paprika, Baharat,dadelstroop, tamatiepaste, fyn knoffel en 125 ml olyfolie saam – dit ruik heerlik.
  • Roer nou jou kookwater by en meng goed. Skep lepels voel oor die hoender.
  • Nou: maak bakpapier nat en maak die hoender toe met die nat bakpapier. Maak dan toe met tinfoelie sodat dit lekker kan stoom.
  • Na 90 min maak jy oop en laat die hoender verbruin in die oond.
  • Rond af met gekapte pietersielie.
  • Dieplekker!!!!!!!!!!
Eenskottel-hoender.
Eenskottel-hoender.
Eenskottel-hoender.

Comments are closed.