Jy hoef hom nie eers te knie nie.
Beste gisbroodjie ooit
Course: Brood, GebakPrep time
15
minutesCooking time
30
minutesBestanddele
750 ml koekmeel
5 ml sout
5 ml suiker
1 pakkie kitsgis
375 ml louwater
Metode
- Stel jou oond op 180 C
- Meng al die droe bestanddele saam
- Roer die louwater by die meelmengsel met n houtlepel Moenie te veel meng nie. Dis n slapperige deeg
- Spuit n broodpannetjie of smeer dit met botter. Krap die deeg uit in jou pannetjie. Druk jou hande in meel en maak jou deeg gelyk met jou hande
- Sit die pannetjie in n plastieksak en laat dit rys tot dubbel in groote
- Bak vir 30 min by 180 C
- Smeer botter oor die korsie
