Nagereg, Terte

Sjokolade-cremora-marshmallow-tert vir Joanita

6 comments

Ek vrek oor ‘n cremoratert.  Ek besluit toe om die tert te maak na my skoonsus se smaak. Dis met ‘n hartseerhart dat ek moet se sy is oorlede voor sy die tert kon proe.  Ek dra die tert op aan my skoonsus Joanita Engelbrecht.  Wou so graag vir haar ‘n stukkie gevat het. Die lewe is kort. Maak die tert en eet hom! Dit is ‘n vermenging van cremora/subtiele sjokolade en ‘n marshmellow smaak. Dit is ‘n groot tert wat in ‘n losboompan gemaak word.

Sjokolade-cremora-marshmallow-tert vir Joanita

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Nagereg, Terte
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 30 ml gelatien

  • 90 ml koue water

  • 2 x boksies Oreokoekies of enige sjokoladebasis koekie

  • 100 ml gesmelte botter

  • 500 g Cremora

  • 250 ml yskoue water

  • 2 blikkies kondensmelk

  • 250 ml suurlemoensap

  • 5 ml vanilla essence

  • 150 g donker sjokolade

  • Opsionele bolaag
  • 2 x 150g heelneut sjokolades

  • 100 ml melk

Metode

  • Gooi die gelatien in die 90 ml water in ‘n beker en los dit eenkant.
  • Maak jou koekies fyn in die voedselverwerker en meng dit met die gesmelte botter.
  • Ek het ‘n vierkantige stuk bakpapier geknip en die losboompan oor dit toegemaak.  M.a.w. dit het ver verbygesteek onder die pan. Dit maak dit net makliker om die tert later uit jou pan te kry.  Spuit die losboompan.
  • Druk die koekiemengsel/kors vas in die pan.  Gaan bietjie teen die kante op.  Sit dit in die yskas tot jy dit nodig gaan kry.
  • Klits die Cremora en yskoue water tot al die kontjies verdwyn het.
  • Gooi die kondensmelk by en klits vir ten minste 5 minute. Dit raak dik en begin na sagte marshmellow lyk.
  • Terwyl jy klits gooi die suurlemoensap rustig by. Klits dan die vanilla by.
  • Smelt die sjokolade in die mikrogolf en klits dit by.
  • Smelt die gelatien en die water tot dit oplos in die mikrogolf en klits dit by (oppas vir te lank in die mikrogolf.
  • Skep jou Cremoramengsel op die koekies in jou pan. Sit dit oornag in die yskas.
  • Vir die bolaag: Smelt die heelneut sjokolades en melk in die mikrogolf. Meng dit goed en gooi dit bo-oor jou tert.  Los die tert oornag in die yskas.

6 Comments

  1. Helena dezi Haingura

    Dis lyk baie lekker

  2. Chrisna Lemmer

    More sê
    Marinda, ek gaan beslis hierdie sjokolade koek bak. Bedoel jy met karamel – karamelkondensmelk?
    Baie dankie! Ek geniet alles wat uit jou kombuis kom.

  3. Hoe veel mense kan dit voer?

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*