Daar is sekere kosse wat nooit uit die mode gaan nie. Een daarvan is ‘n peppermintcrisp tert. Ek het met dit groot geword en vandag nog is dit n gunsteling in ons huis. Die lekkerte is dat dit as nagereg net so goed kan werk as n tert vir teetyd. […]
Hierdie is geen fênsie kookblog nie. Dis sommer net ‘n eenvoudige webwerf sodat my kinders en hulle vriende en hulle vriende se vriende kan leer kook. Sodat hulle my nie so baie hoef te bel om te hoor: hoe maak mens… nie.