Gebak, Nagereg, Terte

Peppermint crisp-tert – soos van ouds

10 comments

Daar is sekere kosse wat nooit uit die mode gaan nie.  Een daarvan is ‘n peppermintcrisp tert.  Ek het met dit groot geword en vandag nog is dit n gunsteling in ons huis.  Die lekkerte is dat dit as nagereg net so goed kan werk as  n tert vir teetyd. VARKSKOUER 010

 

BENODIG:

  • 1 tot 2 pakkies tennisbeskuitjies
  • 500 ml room
  • 1 blikkie caramel treat
  • 150 g peppermintcrisp sjokolade
  • 1 peppermint aero sjokoladeTERT 002

NOU:

  1. spuit n bak met spray and cook en pak die bodem toe met die tennisbeskuitjiesTERT 016
  2. maak die karamel sag in n houer ( ek het sommer geroer met n vurk)TERT 007
  3. klits die room tot sagtepuntstadiumTERT 008
  4. roer die karamel daarby
  5. breek die peppermintcrisp lekker fyn en meng dit by die roommengselTERT 015
  6. skep van die roommengsel op die koekielaag
  7. pak weer n laag koekies en nog n roomlaagTERT 017
  8. krummel die aero heel bo-opTERT 023
  9. los in die yskas vir ten minste 2 uur om behoorlik te stol

Hou niks terug as jy die tert eet nie. Vergeet een oomblik van n banting dieet.  Geniet elke oomblik.VARKSKOUER 007

10 Comments

  1. Lyk en small verruklik lekker!

  2. Elizabeth Pretorius (Kleina)

    Baie baie lekker.

  3. joelize jordaan

    Fantasties

    • Joelize, ek stem.
      Groete
      Marinda

      • Marinda..ek is van Malmesbury maar bly sedert Maart 2024 in VSA. Ek wil jou pepperminttert maak vir ons jaareindfunksie.
        My vraag is my foelie tertbak is323 x228x46mm.
        Moet ek jou resep verdubbel of sal hy werk vir die size. Ek hoor graag van jou. Santie

  4. O lekkerte

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*