Gebak

Jogurtbroodjie

Comments are Disabled

 

JOGURTBROODJIES

 

Bestanddele

 

  • 10 ml Koeksoda
  • 10 ml Heuning
  • 500 ml Natuurlike Jogurt
  • 4 x 250 ml Gestampte Volkoringmeel
  • 5 ml Sout

 

Opsioneel:

 

125 ml Van enige van die volgende:

 

  • Gerolde of gestampte koring
  • Sonneblomsaad
  • Koringkiem
  • Sesamesaad

 

Metode

 

  • Verhit die oond tot 180º C.
  • Los die koeksoda en heuning in die jogurt op.
  • Meng nou al die bestanddele saam.
  • Bak vir 60 minute in ’n goedgesmeerde broodpan.
  • Jy kan dit ook in jou muffinpannetjies bak.  dDe baktyd sal so plus minus 45 minute wees.  Toets na 35 minute of die toetspen skoon uitkom.
  • Laat afkoel voordat dit gesny word.
  • (In plaas van jogurt kan aangesuurde karringmelk ook gebruik word.)

 

Comments are closed.