Sambal

 

GEKROEKTE SAMBALLE

 

RAITA

BESTANDDELE

250 ml gekoopte tzatziki,

20 ml heel komynsade

5 ml fyngekapte knoffel (of na smaak)

 

METODE

Meng als saam, skep in ‘n mooi bakkie en bedien saam met ‘n kerriegereg.

 

 

WORTELSAMBAL

BESTANDDELE

250 ml gekoopte wortelslaai

15 ml fyngekapte groen brandrissie,

15 ml Woolies fyngekapte gemmerwortel

30 ml grofgekapte pietersielie

sout en witpeper na smaak

opsioneel: 45 ml klapperroom gemeng met bietjie suurlemoensap, suiker en sout.

 

METODE

Meng als saam, skep in ‘n mooi bakkie en bedien saam met ‘n kerriegereg.

 

TAMATIESAMBAL

BESTANDDELE

45 ml van elk van die volgende, in klein blokkies gesny:

  • tamatie,
  • rooi soetrissie,
  • komkommer
  • en ui.

sout, suiker, witpeper en witasyn na smaak

65 ml grofgekapte koljanderblare

 

METODE

Meng als saam, skep in ‘n mooi bakkie, laat staan so halfuur vir die geure om te trek en bedien dan saam met ‘n kerriegereg.