Kerrie-en-piesang-frikkies
Course: Uncategorised30
minutes40
minutesBestanddele
- Frikkies
2 snye brood geweek in 250 ml melk
1 kg gemaalde beesvleis
1 eier
5 ml fyn neutmuskaat
2,5 ml fyn naeltjies
2,5 ml fyn gemmer
5 ml rissiepoeier
sout en peper na smaak
meel
- Sous
3 middelmatige uie, fyngekap
15 ml meelblom
90ml asyn
250 ml water
20 ml kerriepoeier
10 ml borrie
40 ml appelkooskonfyt
6 piesangs, fyngesny
15 ml suiker
sout en peper na smaak
klapper
Metode
- Frikkies
- Stel die oond op 180º C.
- Krummel die brood en meng die bestanddele goed met die vleis.
- Smeer ’n oondskottel met botter.
- Vorm die frikadelle en rol dit in die meelblom.
- Pak die frikadelle in ’n bak.
- Sous
- Braai die uie ligbruin in olie.
- Roer meelblom in.
- Roer die asyn en die water stadig by.
- Voeg die kerriepoeier, borrie, konfyt, suiker, sout, peper en piesangs by.
- Laat dit vir 5 minute kook.
- Gooi die sous bo-oor die frikadelle en strooi klapper bo-oor.
- Bak teen 180º C vir ongeveer 1 uur.
- Bedien met jopgurtbrood en Gekroekte Samballe
Sjoe, ek het sopas hierdie frikadelle uit Marinda se kookboek (Marinda se Koskas) gemaak en agtergekom daar is ‘n reuse tikfout in die boek – dit lees 375ml asyn in plaas van 90ml soos hierbo! Ek moes nou omtrent bontstaan om ons gereg te red!
Uit my hart jammer. Die drukkersduiwel het baljaar op die blad. Dankie dat jy dit opgetel het.
Die gedrukte kookboek Marinda se Koskas het ongelukkig ‘n tikfout in – 375 ml asyn in plaas van 90ml!
Liewe Elsabe, ja, die drukkersduiwel het ingespring. Dit moes eintlik 75ml gelees het. Ek is ongelooflik jammer oor dit. Dit maak mens moedeloos, want hoe kom jy nou by elke persoon uit om dit te veduidelik.
Weereens vra ek verskoning vir dit. Net so buite my beheer.
Groete
Marinda