Nagereg, Slaai

Geelperskes in die Boland

8 comments

Ek was gelukkig om die perskes net buite Robertson by n wonderlike padstal te kon koop.  Hulle het nog hul pitte in – so dit is nie uitgeput nie!

Wat ek met die perskes doen kan jy met enige gedroogde vrugte doen.  Dis heerlik saam met vleis , in die oggend net so of met jou muesli of as nagereg met vla. Gesond en goed vir die maag!boud en bene blog 051Daar is eintlik nie ‘n resep nie maar net in ‘n potjie gooi.

  1. 6 koppies vrugte
  2. 3 koppies water ( moet vrugte drie kwart bedek)
  3. 1 koppie suiker ( jy kan besluit hoe soet jy dit wil he)
  4. 2 stukkies pypkaneel

NOU

  • gooi die water en suiker in ‘n pot bo-op die stoof.  Kook dit oor matige hitte todat die suiker opgelos is.
  • sit nou die vrugte en pypkaneel in die suikerstroop en sit die deksel op
  • kook totdat die vrugte sag maar nie pap is nie ( min of meer 20 minute, dit hang af van die vrugte wat jy  gebruik)

boud en bene blog 047

Eet dit koud of warm. Dis ‘n bykos by n ete, vroeg- oggend ontbyt of nagereg met vla.  Dit bly lekker en gesond. Dit hou vir lank in die yskas in ‘n houer.

 

8 Comments

  1. danie rossouw

    om op jou voorstoep te sit met so n bak geel perskes in die stilte van die laatmiddag met jou geliefde en elkeen n vurk is om die plesier van menswees en die lewe te verstaan

  2. Marinda kan jy asb aandui vir hoeveel persone jou resepte bedoel is. Baie dankie

  3. Annetjie Joubert

    Hi Marinda ek gemaalde droë perskes en gedroogtepere as geskenk gekry nou wil ek weer of ek dit kan vries. Baie dankie

  4. Hallo Marinda
    Ons het altyd die gedroogte perskes met die pit vruggies genoem toe ons kinders was Waar kan ek van dit kry

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*