- As jy die varkie wil gaarmaak moet jy nie haastig wees nie. Hy moet stadig in sy bak gaarword. Die geheim van goeie glaskraak crackling vertel ek jou nou. Stel jou oond op 160 grade Celsius en weet dit gaan 4 uur vat om gaar te word.
- porkbelly
- 2 x bottels savannabier
- 8 sage blare
- growwe sout
- bakpoeier
- 4 uie in ringe gesny
- 6 naeltjies
- 750 ml water
- 6 groot uie (vir later insit)
- 6 aartappels (vir later insit)
NOU
- in ‘n oondbak sit jou uie, bier, sageblare en water
- sit jou porkbelly bo-op en druk die naeltjies in
- vryf nou die porkbelly eers met bakpoeier en dan met growwe sout in ( soos jy poeier op n baba se boudjies sou invryf)
Dis nou hier waar die geduld ter sprake kom. Sit jou bak onbedek in die oond. Loer so dan en wan om te sien of daar genoeg vloeistof in jou bak is. Indien dit min raak, vul dit op met water.
Na 2 uur wat jou varkie in die oond is, sit jou heel aartappels en uie in. Draai hul gereeld om en hulle sal goudbruin word.
Na nog 2 uur is jou varkie gaar. Sny die varkie en pak dit op n mooi bord. Gooi die sous in ‘n potjie en maak dit dik met Bistro bo-op die stoof. Geniet die heerlikheid en hoor hoe jou crackling kraak.
vingerlek lekker, sjoe maar so n dis is Koningskos!!!!!
this is a special and mouthwatering dish. food poetry in motion!!!!
To cook for people you love , is to write poetery while you care.
Pobeer dit en nooi mense . Dan sluk jul dit af met ‘n glasie koud.
Ek gaan dit beslis probeer. Dankie
Conna, dis maklik en heerlik. Laat weet hoe dit geproe het.
Gaan dit vandag maak (net vir my man en myself) :) en ek jou laat weet.
Oops, sal jou laat weet.
Die porkbelly was heerlik. Ek sal dit definitief weer voorberei en hopelik sal dit volgende keer ook ‘n sukses wees.
Baie dankie.
Conna, ek is so bly.
Lyk heerlik, veral die aartappels. Die bakpoeier is ‘n nuwe een vir my. Honderde resepte vir pork belly gelees voor ek my eerste gemaak het. Ook darem geslaag met die kraak want dit was my grootste vereiste. Gaan dit defnitief probeer
Geniet vriendin.
Marinda, Beste, waarste, duidelikste, gemaklikste, oulikste kosprogram ooit… en dit in Afrikaans nogal !!!
Dankie!!!!!! Daar kom nog ene.
Ek is nie n kosmaker nie maar begin n positiewe ervaring met jou resepte. Baie dankie dat jy dit deel.
Jy laat my hart sing. Hou aan kook!