Groenslaai met Jougurtsous

Groenslaai met jougurtsous

Bestanddele

  • 1 ui fyngesny
  • 4 sprietuie fyn gesny
  • Een pak gemengde slaaiblare of net botterblaarslaai
  • ½ komkommer in blokkies gesny
  • 1 avo in blokkies gesny
  • 90 ml geroosterde sonneblomsade

 

Meng alles saam in ‘n mooi slaaibak

 

Slaaisous

250 ml Griekse jougurt

2 knoffelhuisies fyn gekap

60 ml vars suurlemoensap

30 ml olyfolie

5 ml sout

5 ml vars gemaalde swartpeper

100 ml fyngekapte Dill

 

Metode

  • Meng al die bestanddele behalwe die Dill goed
  • Roer nou die dill by
  • Gooi oor slaai