Seekos

Haddock Gebak

Comments are Disabled

HADDOCK GEBAK

BESTANDDELE

600 g haddock
• 400 melk
• 6 peperkorrels
• 2 lourierblare
• 1 ui in ringe gesny
• 650 g aartappels in dik ringe gesny
• 500 g baba spinasie
• 1 pakkie kitskaassouspoeier
• 1 pakkie gekoopte kaassous (Spur s’n is baie lekker)
• 125 ml gerasperde emmertal kaas
• 125 ml gerasperde cheddar kaas
• Knippie neut

METODE
1. Kook die haddock met die uie, lourierblare, peperkorrels en melk in ‘n pot op die stoof vir 10 minute.
2. Dreineer die melk in ‘n beker en vlok die vis.  Raak ontslae van die vel en enige grate maar hou die melk.
3. Kook die aartappelskywe in warm water tot net sag
4. Kook die spinasie vinnig.  Dreineer goed en sit in ‘n enkellaag in ‘n groot, gesmeerde  oondbak.
5. Verhit die melk en klits die kitskaaspoeier in. As dit dik raak, voeg die gekoopte kaassous, die gerasperde kase en die knippie neut by. Roer tot die kase gesmelt is en verwyder van die hitte.
6. Pak nou die vis en dan die aartappels bo op die spinasie in die bak.
7. Gooi jou kaassous oor die aartappels.
8. Bak vir 20 minute by 200C

 

Comments are closed.