Suurlemoensmeer-Pavlova
Bestanddele
- 4 eiergele
- 150 g strooisuiker
- 100 ml vars suurlemoensap
- Skil van een suurlemoen fyn gerasper(zest)
- 90 g botter
- Knippie sout
- 250 ml room
- bessies van jou keuse
- mintblare
- ‘n Pavlova-dop gekoop by jou deli of supermark
Metode
- Sit n pot met kookwater op die stoof
- Sit n glasbak bo-op die pot. Die bak moet nie aan die water raak nie. Die water moet liggies kook
- Smelt die botter in jou glasbak en haal van die stoof af
- Klits die res van die bestanddele by die botter en sit weer jou glasbak op jou pot
- Nou klits jy vir omtrent 12 minute totdat dit begin dik raak. Gebruik n ballonklitser. As jy n lepel indruk en met jou vinger n strepie trek en dit gaan nie toe nie, dan is jou smeer reg
- Gooi in n botteltjie of flessie. Sit in die yskas
NOU: Klits 250 ml room tot sagtepunte. Roer jou lemon curd in die geklitste room. Smeer dit onder in die basis van die Pavlova. Pak bessies van jou keuse en mintblare bo-op die suurlemoenvulsel