Nagereg

Grondboontjiebotterblokkies

9 comments

Ek het die resep by my suster Jeanine du Preez gekry.  Ek het amper myself disnis geëet aan dié lekkerte.

Grondboontjiebotterblokkies

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Nagereg
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 400 g grondboontjiebotter (kan crunchy of glad wees)

  • 2 x 150g Milkybar sjokolade grof gebreek

  • 120 g / 125 ml botter

  • 4 x 250 ml klein pienk en wit marshmellows

  • Ekstra marshmellows vir bo-op sit

  • Dan het ek ook Chuckles bo-op gesit

Metode

  • Sit bakpapier in ‘n bak en spuit met Spray and Cook
  • Smelt die grondboontjiebotter, sjokolade en botter in ‘n pot op die stoof of in die mikrogolf. Laat dit effens afkoel. Roer met ‘n houtlepel gereeld.
  • Roer die marshmellows by die grondboontjiemengsel.
  • Krap die mengsel uit op die bakpapier en maak glad. Sprinkel die orige marshmellows en Chuckels oor. Druk dit effens vas.
  • Sit dit in die yskas oornag of vir ten minste 2 uur.
  • Sny dit in blokke.

Notas

  • Jy kan kersies, neute, gedroogde vrugte ens. insit.
  • As jy dit maklik wil sny, druk die punt van die mes in kookwater. 

9 Comments

  1. Christine jansen

    Wat n Wonderlikke plan. Geniet jou resepte ERG!! Dankie

  2. Christine jansen

    Dankie dis Fantasties
    Liefde
    Christine

  3. Christine jansen

    Fantasties

  4. Wat is die geheim om koeksisters krispie te hou sonder om dit in yskas te hou.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*